Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vas oor hul glo drank, sigarette steel

Drie polisielede van Noordwes wat glo self nie hul hande van sigarette en drank kon afhou nie, het Vrydag in afsonderlike gevalle in die hof verskyn op aanklagte van onder meer diefstal en regsverydeling.

Luidens ’n verklaring van die polisie is die beweerde korrupte lede die afgelope week deur hul eie kollegas van die teenkorrupsie-ondersoekeenheid vasgetrek.

In die een geval is sers. Cindy Nidene Roos (39) op Woensdag 20 Mei in Rustenburg in hegtenis geneem nadat sy glo vroeër die maand (8 Mei) sigarette ter waarde van R6 000 uit die plaaslike polisiekantoor se bewysstukstoor geboek het onder die voorwendsel dat dit na die forensiese laboratorium geneem sou word.

Dit was blykbaar toe nie die geval nie en die vermiste sigarette is tydens haar inhegtenisneming teruggevind.

Roos was in aanhouding totdat sy Vrydag in die landdroshof in Rustenburg verskyn het en borgtog van R1 000 toegestaan is.

Voorts het twee polisiesersante ook Vrydag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn nadat hulle glo drank ter waarde van R10 000 gesteel het.

Sy moet weer op 31 Augustus in die hof verskyn.

Voorts het twee polisiesersante ook Vrydag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn nadat hulle glo drank ter waarde van R10 000 gesteel het.

Luidens die polisieverklaring het serss. Thabang Selebale (40) en Tshepo Pooe (35) glo saam met twee burgerlikes, Morgen Mofokeng (38) en Timothy Nkola (40) gekonkel om drie vroue van dié drank te ontneem.

“Mofokeng en Nkola het na bewering die slagoffers oortuig om hul stokvelklub se drank aan hulle te verkoop.

“Tydens die transaksie het die sersante skielik in ’n ongemerkte polisievoertuig verskyn en gedreig om die vroue in hegtenis te neem vir oortreding van die staat se inperkingsregulasies.

“Hulle het toe glo die drank gekonfiskeer en dit in ’n rooi Mini Cooper-voertuig gelaai, wat deur een van die burgerlike mans bestuur is.

“Almal (die verdagtes) het toe die toneel verlaat,” lui die verklaring.

Ondersoekwerk deur die teenkorrupsie-ondersoekeenheid het egter gevind dat die drank nooit as ’n bewysstuk by die polisiestasie ingehandig is nie.

Mofokeng en Nkola is toe op Saterdag 16 Mei in hegtenis geneem. Eersgenoemde is later op borgtog van R500 vrygelaat, terwyl Nkola op waarskuwing vrygelaat is.

Die twee polisiesersante is die afgelope Woensdag vasgetrek en Vrydag op waarskuwing vrygelaat.

Die vier sal saam op 17 Junie in die hof verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiebevelvoerder van Noordwes, het die (beweerde) optrede van die betrokke polisielede veroordeel en gesê dit kan nie toegelaat word nie.

Hy het die teenkorrupsie-ondersoekeenheid geloof omdat hulle “ons eie lede ontbloot wat nie by die gedragskode hou nie”.

Meer oor:  Drank  |  Korrupsie  |  Polisielede  |  Sigarette  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.