Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vat hele kluis toe man nie wapens wou oorhandig

Die polisie het beslag gelê op ’n kluis van ’n man in Milnerton Ridge, Kaapstad, toe hy nie sy vuurwapens wou oorhandig as deel van ’n beskermingsbevel wat teen hom verkry is nie.

Die Wes-Kaapse polisie het Saterdag in ’n verklaring gesê dié stap is gedoen as deel van die voorkoming van geweld teen vroue en kinders.

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld is Vrydagoggend na die man se huis om ’n beskermingsbevel op hom te bedien. Die man het geweier om sy vuurwapen te oorhandig of sy kluis oop te maak.

Die vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Die polisie het die vuurwapenkluis na die Milnerton-polisiekantoor geneem en dit daar oopgemaak. Beslag is gelê op ammunisie van vuurwapens van verskeie kalibers, asook ’n vuurwapen waarvoor die man ’n lisensie het.

Hy is ook in hegtenis geneem in verband met ’n klag wat in Junie teen hom ingedien is.

Die man verskyn Maandag in die landdroshof in Kaapstad op ’n aanklag van die rig van ’n vuurwapen en die besit van ammunisie.

Die ammunisie wat in die man se besit gekry is. Foto: SAPD

Meer oor:  Polisie  |  Wes-Kaap  |  Wapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.