Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vind klein arsenaal wapens in PE

’n Klein arsenaal vuurwapens is Woensdag by ’n huis in Port Elizabeth gevind.

Die vermoede is dat dié huis in Derde Laan in Hillside in die stad se noordelike voorstede onder meer as ’n onwettige perseel vir die berging en vervaardiging van vuurwapens gebruik is.

Op agt van die vuurwapens is beslag gelê. Een daarvan is op Kuruman in die Noord-Kaap gesteel. Nog twee is in Algoapark in Port Elizabeth en op Plettenbergbaai as gesteel aangemeld.

Die res van die wapens sal vir ballistiese toetse gestuur word. Dit bestaan uit pistole en rewolwers.

Benewens die agt vuurwapens is ook op twee sogenaamde zip-vuurwapens, ’n vuurwapen se loop, ammunisie en onderdele van vuurwapens beslag gelê, sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder.

Volgens hom is dié vonds gemaak nadat inligting ontvang is en ’n deursoekingslasbrief bekom is.

Die klopjag is Woensdagoggend omstreeks 10:30 uitgevoer.

’n 38-jarige man is in die klopjag in hegtenis geneem en word op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook die onwettige vervaardiging van vuurwapens, aangehou. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Pe  |  Hillside  |  Arsenaal  |  Vonds  |  Arsenaal Wapens  |  Polisie  |  Wapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.