Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vind onwettige aanleg vir perlemoen

In die voortslepende oorlog om perlemoenstropery hok te slaan, het die Wes-Kaapse polisie ’n onwettige aanleg in Paardeneiland toegemaak.

Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en die blitspatrollie het Donderdag omstreeks 12:30 in die nywerheidsgebied van Paardeneiland in Kaapstad in Gray-weg toegeslaan.

Die polisie het beslag gelê op sakke en ander houers met perlemoen, kookpotte, gassilinders, skale, sakke met sout en ander toerusting.

Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

In nog ’n voorval Donderdag is ’n verdagte persoon tydens patrolliewerk in Melkbosstrand opgemerk. ’n Man (38) is in hegtenis geneem nadat perlemoen by hom gekry is.

Die polisie sê die man het 22 stuks perlemoen wat nog in die skulp was en 142 stuks perlemoen wat reeds ontskulp is, by hom gehad. Die straatwaarde hiervan is sowat R46 000.

Die man sal die langnaweek in aanhouding bly en Dinsdag in die landdroshof in Atlantis verskyn.

Die polisie het ’n onwettige aanleg waar perlemoen verwerk word, in die Paardeneiland nywerheidsgebied in Kaapstad gekry. Foto: SAPD

Meer oor:  Stropery  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.