Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie voltooi ondersoek na Enock se verdrinking
Enock Mpianzi

Die polisie in Noordwes se geregtelike ondersoek na die dood van Enock Mpianzi (13) tydens ’n oriënteringskamp in Januarie, is afgehandel.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het Sondag gesê die polisie se verslag oor die ondersoek sal nou aan die departement van justisie oorhandig word vir ’n besluit of enigiemand vervolg moet word weens Enock se dood. “Ons gaan nie nou meer besonderhede oor die bevindinge van ons ondersoek bekend maak nie.”

Enock (13) het in die Krokodilrivier verdrink tydens ’n oriënteringskamp vir gr. 8-leerlinge van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg. Die voorval het by die Nyati Bush and River Break Lodge naby Brits in Noordwes gebeur.

Eugenie Gregan berig Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Woensdag ’n (ander) forensiese verslag oor Enock se verdrinking by Parktown Boys’ High School bekend gemaak.

Volgens Lesufi dui die verslag, wat op sy versoek deur die regsfirma Harris Nupen Molebatsi saamgestel is, op “groot wandade deur diegene wat ons kinders moet versorg”. Die lodge, die departement van onderwys, onderwysers, die beheerliggaam van die skool en die skool word van nalatigheid beskuldig.

Ian Levitt, die Mpianzi-familie se regsverteenwoordiger, het aan Arisa Janse van Rensburg gesê hulle gaan “regstappe doen teen alle partye wat op enige moontlike manier vir Enock se dood verantwoordelik gehou kan word”.

Die skool was na bewering nalatig ten opsigte van teenwoordigheidslyste, die wateraktiwiteit in die rivier, en die magtiging van die onderwysdepartement vir die leerlinge om wel die kamp te mag bywoon. Nalatigheid deur die beheerliggaam en van sy onderwysers is ook in die verslag uitgewys. Strafregtelike stappe is reeds teen die betrokke onderwysers gedoen.

Die onderwysdepartement is ook van nalatigheid beskuldig omdat hy nie die aansoekvorm vir die hou van die kamp betyds verwerk of goedgekeur het nie. Die departement het reeds in Februarie amptenare in dié verband geskors.

Meer oor:  Enock Mpianzi  |  Ondersoek  |  Polisie-Ondersoek  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.