Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vra hulp ná seun se lyk in straat gekry is

Die polisie vra die publiek se hulp in hul ondersoek na die moord op ’n 15-jarige seun in KwaZakhele, Port Elizabeth.

Die lyk van Lisolethu Njezula is Maandag omstreeks 16:00 voor ’n huis in Mavavana-straat aangetref. Hy is een keer in die bors gesteek.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê twee polisielede is deur gemeenskapslede in die straat voorgekeer en van Lisolethu se lyk ingelig.

Volgens Beetge is die tienerseun nie as vermis aangemeld nie en is hy vermoedelik vroeër die dag vermoor.

Lisolethu het ’n blou baadjie, wit hemp, wit kortbroek en swart Nike-tekkies aangehad. Dit is nog nie duidelik of iets by hom gesteel is nie.

Enigeen met inligting wat die polisie in die moordondersoek kan help, kan die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 of die KwaZakhele-polisiekantoor by 041 408 7701 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Kwazakhele  |  Lyk Gevind  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.