Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vra hulp ná vrou se lyk in veld gevind is

Die Bothitong-polisiekantoor naby Kuruman in die Noord-Kaap vra dringend die hulp van die publiek nadat die lyk van ’n vrou in ’n veld gevind is.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê ’n paar seuns, wat na hul donkies gesoek het, het Saterdag omstreeks 12:40 op die halfnaakte lyk van ’n vrou in ’n veld tussen die Gamakgatle- en Dithakong-nedersetting afgekom.

Die seuns het dadelik hulp ontbied.

Kapt. Richard Blaar, stasiebevelvoerder van die Bothitong-polisiekantoor, het ’n dringende versoek aan die publiek gerig om die vrou te help identifiseer.

Hulle dink sy kan tussen 30 en 35 jaar oud wees. Sy is donker van gelaat, het kort hare en is stewig gebou. Sy het ’n rooi-en-groen T-hemp aangehad.

Indien iemand van die omgewing ’n familielid vermis wat by die vrou se beskrywing pas, word hulle versoek om Blaar by 083 443 7942 of 08600 10111 of deur MySAPS te kontak.

Mense met inligting oor die voorval, kan ook die polisie by die bogenoemde nommers kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Meer oor:  Kuruman  |  Lyk  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.