Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vra hulp om moordverdagte op te spoor
Die moordverdagte wat deur die polisie gesoek word. Foto: Verskaf deur SAPD

Speurders van die Mfuleni-polisiekantoor het die hulp van die publiek ingeroep om ’n moordverdagte, wat in Junie ’n pizza-winkeleienaar koelbloedig vermoor het, op te spoor.

Kol. Andrè Traut sê die voorval was op Saterdag 5 Junie omstreeks 09:10 by Angelo’s Pizza Place in Stasieweg, Blackheath, toe ’n man met ’n vuurwapen en met ’n motorfiets-helm op die winkel binnegegaan het.

“In ’n stadium kan die verdagte se gesig op videomateriaal gesien word. Terwyl die 25-jarige winkeleienaar, Angelo Nunes, alleen in die winkel was, het die verdagte ’n vuurwapen uitgepluk en verskeie skote op hom afgevuur. Nunes is noodlottig gewond,” sê Traut.

Volgens hom wys die videomateriaal duidelik hoe die verdagte van die toneel vlug terwyl ’n tweede verdagte op ’n motorfiets buite die winkel vir hom wag.

“Niks is uit die winkel of van die oorledene gevat nie. Die motorfiets is later op die N2-snelweg naby Nyanga gevind.”

Mense met inligting oor die skietery en die moordverdagte word versoek om die Mfuleni-polisiekantoor se ondersoekbeamptes, lt.kol. Michael Thebus by 082 334 7486 of konst. Nkululeko Magqaza by 082 777 6898, te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.