Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vra hulp om vrou van Knysna op te spoor

Die polisie in Knysna vra hulp om ’n vermiste vrou op te spoor.

Lauren van Rooyen Foto: Verskaf

Lauren “Curly” van Rooyen (37), ’n inwoner van Hornlee, is volgens die polisie die laaste keer op 2 September gesien.

’n Familielid het haar op Donderdag 17 September as vermis aangemeld. ’n Groot soektog is op tou gesit, maar sy is steeds nie gevind nie.

Van Rooyen is glo die laaste keer in Knysna se middedorp gesien. Sy het toe ’n mosterdkleurige denimrok en wit sandale aangehad, word in ’n verklaring gesê.

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, sê die soektog na Van Rooyen duur voort. Alle leidrade word opgevolg.

Mense met inligting oor waar sy haar bevind, kan die ondersoekbeampte, ao. James Visagie, by 044 302 6608 bel of die tolvrye misdaadnommer 08600 10111 skakel.

Meer oor:  Knysna  |  Hulp  |  Opspoor  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.