Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vra hulp oor oud-nuusman se moord

Die polisie vra die publiek se hulp om die moord op Lourens de Villiers, ’n oud-nuusregisseur van die SAUK, op te los.

Die polisie het Dinsdagmiddag op die lyk van die 66-jarige De Villiers by sy huis buite Calitzdorp afgekom.

Sy familie het die polisie gevra om ondersoek in te stel nadat hulle verlede naweek vergeefs probeer het om hom in die hande te kry.

De Villiers het die Visarend-eko­kamp buite Calitzdorp bestuur en alleen gewoon. Daar is nie goeie selfoonontvangs in die kamp nie en hy en sy familie het gewoonlik per WhatsApp gekommunikeer.

Lourens de Villiers Foto: Facebook

Volgens die polisie het De Villiers se lyk buite sy huis gelê en sy bakkie was weg.

Sy voertuig is later verlate by Matjiesfontein gevind.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Hy het gesê die polisie vra dat enigiemand wat inligting het, na vore moet kom. Die ondersoekbeampte, ao. Werner Botha, kan by 044 213 8803 of 079 893 9973 gebel word of die tolvrye misdaadnommer 08600 10111 kan geskakel word. Inligting kan ook op die MySAPS-app gedeel word.

Volgens De Villiers se familie sal ’n private gedenkdiens in Robertson gehou word. Die diens sal aanlyn uitgesaai word. Die datum en skakel sal later bekend gemaak word.

De Villiers was glo lief vir sy werk as kampbestuurder en het glo gedurig planne gemaak om die kamp te verfraai en te verbeter.

Meer oor:  Polisie  |  Sauk  |  Lourens De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.