Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie waarsku mense teen aanvalle in kerkhof

Mense wat geliefdes se grafte in die Forest Hills-begraafplaas in Gqeberha wil besoek, word gewaarsku om versigtig te wees omdat hulle beroof kan word.

Die polisie se waarskuwing kom nadat mense onlangs in dié begraafplaas in die voorstad Humewood aangeval is.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, was daar onlangs ’n toename in rooftogte in die begraafplaas.

“Minstens vyf voorvalle van roof is sedert April aangemeld. Die rowers dreig die mense met messe en steel hul persoonlike besittings.”

Sy sê minstens vier tot agt rowers slaan op enige tyd van die dag op die besoekers toe.

Minstens vyf voorvalle van roof is sedert April aangemeld. Die rowers dreig die mense met messe en steel hul persoonlike besittings.

Daar was ook al voorvalle waarin die mense se sleutels geëis word, waarna die rowers enige items uit hul voertuie steel, sê sy.

Naidu sê mense moet liewers nie die grafte alleen besoek nie, en te alle tye versigtig en bewus van hul omgewing wees.

“Die omgewing van die begraafplaas is baie stil, en die rowers wag daar om op slagoffers toe te slaan.”

Sy sê daar is ook ’n deurloop wat gereeld deur pendelaars en drawwers gebruik word.

“Ons raai besoekers aan om nie duur juweliersware of kosbare items saam te neem wanneer hulle die begraafplaas besoek nie.

Ons raai besoekers aan om nie duur juweliersware of kosbare items saam te neem wanneer hulle die begraafplaas besoek nie.

“As iemand jou nader wanneer jy ’n graf besoek, moet jy vinnig padgee of enige ander mense se aandag probeer trek. Misdadigers ken geen grense nie en beskou kwesbare mense as maklike teikens.”

Sy sê die publiek moet proaktief en op hul hoede wees.

Meer oor:  Gqeberha  |  Waarskuwing  |  Begraafplaas  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.