Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie waarsku vroue ná 3de lyk by Motherwell

Die polisie waarsku vroue in Port Elizabeth om ekstra versigtig te wees nadat ’n derde lyk naby Motherwell opgespoor is. Al drie vroue is vermoedelik verkrag.

Die polisie ontken egter tans die moontlikheid van ’n reeksmoordenaar in die gebied.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n lid van die gemeenskap het die polisie Sondag gekontak, waarna hulle op die jongste slagoffer se ontbinde lyk naby die Ramaphosa- informele nedersetting afgekom het. Haar identiteit is onbekend.

Dié ontdekking kom nadat die lyk van ’n 21-jarige vrou op 4 Mei ook daar naby in die bosse langs Addoweg gevind is. Sy het ernstige wonde gehad en was halfnaak.

Die oorledene se vriend het haar glo op die oggend van 3 Mei gelos in die geselskap van ’n vrou wat sy die vorige aand in ’n sjebien ontmoet het.

Volgens Naidu probeer die polisie hierdie vrou opspoor.

Op 16 Februarie is ook die halfnaakte lyk van ’n 43-jarige vrou in ’n veld naby ’n laerskool in die NU 8-uitbreiding naby Motherwell gekry.

Sy is die dag omstreeks 05:00 laas gesien toe sy ’n huis in Ngcungcu-straat verlaat het, waar sy ’n vrou glo gehelp het om kinders op te pas. Haar lyk is drie uur later met verskeie steekwonde aan haar nek aangetref.

Naidu sê die polisie vermoed dat al drie vroue verkrag is, maar daar word nog op die DNS-uitslae gewag.

Sy het gerugte van ’n moontlike reeksmoordenaar ontken en gesê die polisie vra in hierdie stadium net dat enigiemand met inligting na vore kom.

Die polisie waarsku vrou om nie saans alleen te loop of geselsies met vreemdelinge aan te knoop nie.

* Enigeen met inligting oor enige van die moorde kan speursers. Elton Tau by 082 303 0432 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.