Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie-wapen geroof by taxiprotes

’n Polisielid is Dinsdagmiddag in ’n betoging in Kaapstad se middestad aangerand en van sy vuurwapen beroof.

Taxibestuurders het die middag betoog terwyl pendelaars na die taxistaanplek by die Kaapstad-stasie onderweg was. Hulle het paaie versper en glo geweld aangehits.

Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, sê daar is aan haar gesê die taxibestuurders betoog teen die lasbriewe wat die metroraad op hulle bestel en omdat onwettige taxi’s geskut word.

“(Die protesoptrede) is teen die metroraad se opdwinging van die wet,” sê Purchase.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat polisielede en verkeersbeamptes op die toneel is.

Sy sê die betoging het begin terwyl lasbriewe aan taxibestuurders bestel is.

Dit is toe dat een van die polisielede van sy vuurwapen beroof is.

Volgens Rwexana is geen ander voorvalle aangemeld nie.

News24 verneem passasiers is gewelddadig uit taxi’s gedwing en gedreig.

Purchase sê egter die betoging gaan nie die metroraad afskrik nie.

“Ons sal voortgaan met wetstoepassing, want ons kan nie ’n moratorium hê op wetstoepassing nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.