Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie ‘warm op spoor’ van Kippie Wessels se moordenaars
Kippie Wessels

Die polisie in die Vrystaat is glo warm op die spoor van die moordenaars van die seun van ’n destydse Springbokrugby- en -netbalspeler, wat verlede maand in sy huis in Zastron aangetref is.

Kol. Thandi Mbambo, ’n polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 gesê die 52-jarige Kippie Wessels is vermoedelik met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan.

Sy lyk is op 30 Oktober in sy huis gekry, skaars twee maande nadat hy van sy plaas, Maidstone, in die distrik Vanstadensrus na Zastron verhuis het.

Wessels, seun van die destydse Springbok-netbalspeler Sussie (Esterhuizen), wat tans in Vivo in Limpopo woon, en wyle John Wessels, ’n Springbok-haker, het alleen gewoon nadat hy jare lank ’n gemengde boerdery op die plaas bedryf het.

Volgens die polisie is sy bebloede lyk omstreeks 17:00 op 30 Oktober op die vloer in sy slaapkamer gevind.

“Daar was bloed van die kombuis af tot in die slaapkamer waar sy lyk gekry is.”

Daar was geen teken van gedwonge toegang tot die huis nie, het Mbambo gesê. Volgens haar is die wrak van sy bakkie dieselfde aand sowat 20 km buite Sterkspruit gevind.

Enigiemand met inligting oor die aanval kan speurder Charles Brown by 082 467 6432 bel of die polisiekantoor in Zastron by 051 673 9700 skakel.

Meer oor:  Zastron
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.