Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiebeampte op patrollie geskiet

Presies hoe gevaarlik polisiewerk is, is weer Saterdagoggend in Kraaifontein gewys toe ’n polisiebeampte op patrollie geskiet en gewond is.

Die 50-jarige polisiesersant en ’n kollega het omstreeks 08:00 patrolliewerk in die Wallacedene-woonbuurt gedoen toe hulle ’n verdagte man in ’n motor gewaar het.

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê daar is op die twee polisiebeamptes geskiet toe hulle nader aan die voertuig beweeg het.

Die gewonde polisiebeampte is na ’n hospitaal geneem vir behandeling. Sy kollega is ongedeerd.

Die polisie ondersoek ’n klag van poging tot moord.

Rwexana het Sondag gesê sy kan nie bevestig hoeveel skote afgevuur is nie. Die saak word nog ondersoek.

Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Kraaifontein  |  Aangeval  |  Polisiebeamptes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.