Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiekantoor geteiken, wapens gesteel

Twee R5-aanvalsgewere is Maandagaand deur twee rowers by die Middledrift-polisiekantoor in die Oos-Kaap gebuit.

Benewens die wapens het die rowers ook twee magasyne gesteel, wat saam blykbaar meer as 50 patrone gedra het.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Dinsdag by navraag gesê twee polisiebeamptes van die Middledrift-polisiekantoor is Maandagaand omstreeks 21:25 beroof.

“Daar word beweer dat die twee verdagtes, wie se gesigte toegemaak was, die gemeenskapsdienssentrum binnegekom het, die twee lede met vuurwapens gedreig en vuurwapens geëis het. Die verdagtes het twee vuurwapens en magasyne uit die kluis verwyder,” het Naidoo gesê.

’n Betroubare bron voer aan vier polisiebeamptes was die aand aan diens.

Een van die beamptes het blykbaar kort ná 21:00 weens siekte huis toe gegaan en ’n tweede beampte het die polisiekantoor vir ’n onbekende rede verlaat.

Kort hierna is die twee ongewapende polisiebeamptes binne die polisiekantoor deur die rowers oorval en beroof.

Volgens Naidoo is niemand in die voorval beseer nie.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, het die rooftog veroordeel en die polisie se 72 uur aktiveringsplan in werking gestel.

Die voorval was minstens die derde geval in 18 maande waar ’n Oos-Kaapse polisiekantoor deur rowers vir wapens geteiken is.

Op 4 Augustus het vier gewapende rowers in die vroeë oggendure op die Kareedouw-polisiekantoor toegeslaan en twee R5-gewere, vier handwapens, ammunisie en ’n polisieradio gesteel.

Op 21 Februarie het ’n groep swaargewapende rowers die Ngcobo-polisiekantoor binnegeval en verskeie vuurwapens gesteel. Vyf polisiebeamptes van dié polisiekantoor is ook in die voorval doodgeskiet.

Meer oor:  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.