Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiekantoor in N-Kaap glo van vuurwapens beroof

Die Tsineng-polisiekantoor naby Hotazel in die Noord-Kaap is vermoedelik Saterdagaand aangeval en van ’n groot getal vuurwapens en ammunisie beroof.

Kol. Brenda Muridili, provinsiale polisiewoordvoerder, kon Sondag slegs die voorval bevestig, maar kon nog nie ’n verklaring oor die voorval uitreik nie.

Volgens inligting wat deur twee bronne aan Netwerk24 gegee is, het drie onbekende mans omstreeks 21:30 Saterdagaand op die polisiekantoor toegeslaan terwyl slegs ’n vroulike polisiebeampte aan diens was. Haar kollega was glo met patrollies besig.

Die mans het glo die polisiekantoor ingegaan om kwansuis ’n klag in te dien. Twee van die mans het glo oor die toonbank gespring en ’n vuurwapen uitgepluk, waarna hulle die kluis se sleutels van die beampte geëis het. Die beampte het die kluis oopgesluit en die mans het glo verskeie wapens en ammunisie, waaronder drie R5-gewere, twee magasyne en 37 patrone, twee haelgewere en 103 patrone en agt 9 mm-pistole met vyf magasyne en 98 patrone gevat.

Die beampte is glo vasgebind en die rowers is ook met haar selfoon daar weg. Die beampte het daarin geslaag om haarself te bevry en kon hulp ontbied.

Volgens inligting is haar selfoon na die Maipeng-nedersetting nagespoor.

Dit is nog nie bekend of enige verdagtes in hegtenis geneem is nie.

'n Satellietfoto van die Tsineng-polisiekantoor naby Hotazel. Foto: Skermgreep Google Maps
Meer oor:  Noord-Kaap  |  Vuurwapens  |  Rooftog  |  Polisiekantoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.