Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiekantore gaan handleiding oor vuurwapens kry

Alle polisiekantore sal teen Vrydag ’n handleiding hê oor hoe hulle die konstitusionele hof se uitspraak moet implementeer oor vuurwapeneienaars wat nie betyds hul lisensies hernu het nie.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het dit Donderdag aangekondig toe hy LP’s se vrae en kommer oor die impak van die hofuitspraak op vuurwapeneienaars voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie beantwoord het.

Daar is landwyd groot kommer en vrees onder derduisende vuurwapeneienaars nadat die konstitusionele hof in Johannesburg verlede Donderdag beslis het dat vuurwapeneienaars aan die bepalings van die Vuurwapenwet van 2006 moet voldoen.

Dit beteken eienaars wat nie betyds aansoek gedoen het om hul wapenlisensies te hernu nie, moet hul vuurwapens by die polisie inhandig omdat hulle dan onwettig in besit daarvan sal wees. As dit nie gedoen word nie, kan hulle vervolg word weens die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, en kan tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.

Die portefeuljekomitee het Donderdag gehoor dat tot 400 000 vuurwapeneienaars in Suid-Afrika deur die hofuitspraak geraak word.

Sitole het dit ook duidelik gemaak dat die hofuitspraak nie “enigiemand as ’n misdadiger verklaar nie”.

Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, sê dié komitee steun die uitspraak van die konstitusionele hof en dat almal dit moet eerbiedig.

Volgens hom moet die konstitusionele hof se uitspraak egter eerbiedig word. “Ons sal die aangeleentheid as ’n spesiale projek hanteer.”

Hy het die versekering gegee dat vuurwapens wat ingehandig is, veilig by polisiekantore en in bergplekke bewaar sal word.

“Ons sal niemand as ’n misdadiger behandel voordat ’n misdaad in die proses gepleeg word nie. Ons sal ook seker maak dat alle polisiekantore en provinsies nie hul eie diskresie rakende die hofbevel gebruik nie. Ons verwag egter ’n hoë vlak van samewerking van diegene wat direk geraak word.”

Volgens Sitole het hy opdrag gegee dat ’n kennisgewing of handleiding oor die pad vorentoe op die laaste teen Vrydag aan alle polisiekantore gegee word oor hoe hulle die aangeleentheid moet hanteer. “Dit kan selfs al Donderdagmiddag uitgestuur word, maar die spertyd wat ek gestel het, is Vrydag.”

Sitole sê die polisie handhaaf tans goeie betrekkinge met alle rolspelers in die vuurwapenbedryf “en ons wil dit graag so hou”.

“Ons sal hierdie proses daarom baie versigtig benader. Ons sal ons deur die hofuitspraak laat lei, maar ons is oop vir enige verder konsultasie met rolspelers. Ons wil ook ons kommunikasie oor die aangeleentheid verbeter omdat ons bewus is van die vrees wat by vuurwapeneienaars geskep is.”

Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, sê dié komitee steun die uitspraak van die konstitusionele hof en dat almal dit moet eerbiedig. “Dit is ook noodsaaklik dat die polisie duidelik met die publiek oor die aangeleentheid moet kommunikeer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.