Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiekantore met meeste moord, geweld

Suid-Afrikaners se vermoede dat daar al hoe meer moord gepleeg word, is Dinsdag bevestig in die misdaadsyfers vir die afgelope boekjaar wat Bheki Cele, minister van polisie, in die parlement bekend gemaak het.

Die polisie het terselfdertyd bekend gemaak by watter polisiekantore die meeste geweldsmisdade aangemeld is. Dit sluit moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof, gewapende roof en seksuele aanranding in.

Grafika24

Die tien polisiekantore waar die meeste moordsake aangemeld is, is:

1. Nyanga in die Wes-Kaap;

2. Umlazi in KwaZulu-Natal;

3. Philippi-Oos in die Wes-Kaap;

4. Inanda in KwaZulu-Natal;

5. Delft in die Wes-Kaap;

6. Khayelitsha in die Wes-Kaap;

7. Kraaifontein in die Wes-Kaap;

8. Guguletu in die Wes-Kaap;

9. Mthatha in die Oos-Kaap, en

10. Mfuleni in die Wes-Kaap.

Die tien polisiekantore waar die meeste geweldsmisdade aangemeld is, is:

1. Johannesburg-sentraal in Gauteng: 5 253 sake,

2. Nyanga in die Wes-Kaap: 4 784,

3. Mitchells Plain in die Wes-Kaap: 4 362,

4. Hillbrow in Gauteng: 4 334,

5. Kagiso in Gauteng: 3 580,

6. Khayelitsha in die Wes-Kaap: 3 477,

7. Dobsonville in Gauteng: 3 373,

8. Umlazi in KwaZulu-Natal: 3 313,

9. Inanda in KwaZulu-Natal: 3 194, en

10. Delft in die Wes-Kaap: 3 181.

Die provinsies waar die meeste geweldsmisdade aangemeld is, is:

1. Gauteng, ’n afname van 0,5% tot 170 640.

2. Wes-Kaap, ’n afname van 1,5% tot 112 996.

3. KwaZulu-Natal, ’n afname van 0,3% tot 94 914.

4. Oos-Kaap, ’n afname van 0,2% tot 65 393.

5. Noordwes, ’n toename van 3,2% tot 36 604.

6. Vrystaat, ’n afname van 5,3% tot 35 725.

7. Limpopo, ’n afname van 4,6% tot 35 068.

8. Mpumalanga, ’n afname van 2,2% tot 32 646.

9. Noord-Kaap, ’n afname van 4% tot 17 380.

Meer oor:  Moord  |  Misdaadstatistieke  |  Geweldsmisdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.