Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiekantore se bevelvoerders deur LP’s ontbied

Die stasiebevelvoerders van die vyf polisiekantore waar die meeste kontakmisdaad voorkom, moet Dinsdag aan parlementslede kom verslag doen.

Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, het Sondag in ’n verklaring gesê die beamptes is na ’n komiteesitting in die parlement in Kaapstad ontbied.

Die vyf kantore is Hillbrow in Johannesburg, Johannesburg-Sentraal, Kagiso aan die Wes-Rand en Mitchells Plain en Nyanga in Kaapstad.

Volgens die jongste misdaadstatistieke, wat in September deur Bheki Cele, minister van polisie, bekend gemaak is, was die meeste kontakmisdaad die afgelope jaar in Johannesburg-Sentraal se jurisdiksie (5 253 voorvalle).

Die land se “moordhoofstad”, Nyanga, volg daarna met 4 784 voorvalle.

Om hierdie oorsake effektief te hanteer, is nie net die polisie se probleem nie.

Ná hulle kom Mitchells Plain (4 362), Hillbrow (4 334) en Kagiso (3 580) aan die beurt.

Kontakmisdade sluit in moorde, poging tot moord, verskillende vorme van aanranding, rooftogte en seksuele aanranding.

Volgens Beukman het die komitee nog altyd beklemtoon die polisie moet pro-aktief optree en verseker die nodige hulpbronne word aan kantore verskaf om misdaad te bekamp. Dit is daaroor wat hulle onder meer met die bevelvoerders wil gesels.

Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) gaan ook kans kry om insette te lewer.

Van die grondliggende oorsake vir kontakmisdade sluit in ’n gebrek aan maatskaplike kohesie, swak ontwerp van woonbuurte, onwettige drankverkope, ’n gebrek aan straatligte, die beskikbaarheid van vuurwapens en die algemene voorkoms van bendes.

“Om hierdie oorsake effektief te hanteer, is nie net die polisie se probleem nie. Ander sfere van die regering en die burgerlike samelewing moet ook deelneem,” het Beukman gesê.

Meer oor:  Francois Beukman  |  Kagiso  |  Nyanga  |  Mitchells Plain  |  Hillbrow  |  Polisie  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.