Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieklerk vas oor korrupsie

Die Valke het ’n administratiewe klerk vir die SAPD in die Wes-Kaap op aanklagte van bedrog en korrupsie in hegtenis geneem.

Thembisile Hubert Arosi (49) het op twee aanklagte van bedrog en korrupsie in die landdroshof in Blue Downs verskyn.

Zinzi Hani, woordvoerder vir die Valke, sê Arosi, ’n senior administratiewe klerk vir die polisie, is Vrydag deur die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekspan by sy werksplek in Stikland in Kaapstad in hegtenis geneem.

Hani sê die klerk word daarvan beskuldig dat hy onwettige polisieklaringsertifikate vir voertuie uitgereik het sonder om ooit by die genoemde voertuigtoetsstasie te wees.

Arosi is op borgtog van R2 000 vrygelaat en sal weer op 4 November vir ’n streekhofdatum in die hof moet verskyn.

Meer oor:  Korrupsie  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.