Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiekonstabel se moordenaars nog soek

Die polisie in KwaZulu-Natal het nog niemand in hegtenis geneem vir die moord op ’n polisiekonstabel nie.

Konst. Xolani Zulu (32) is Vrydag omstreeks 19:30 deur twee mans, wat hom by die hek van sy huis in KwaNyuswa ingewag het, doodgeskiet,” het kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, Sondag gesê.

Die mans het ’n geweer en ’n vuurwapen in die aanval gebruik. Zulu, wat van diens af was, is op die toneel dood.

“Alle beskikbare hulpbronne is onmiddellik volgens die polisie se 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel om die mans op te spoor,” sê Muridili.

Zulu, eggenote en pa van drie jong kinders, was die afgelope agt jaar by die polisiekantoor in KwaNdengezi gestasioneer.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het sy innige meegevoel met die gesin, vriende en kollegas van Zulu betuig en opdrag gegee dat hulle bygestaan en ondersteun word.

“Ek is vol vertroue dat die onmiddellike toepassing van die 72-uur-aktiveringsplan, wat die mobilisering van misdaadintelligensie, forensiese dienste en die Valke insluit, positiewe resultate sal oplewer”, sê Sitole.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Moordenaars  |  Moord  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.