Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielede van diens af vang vermeende dief

Die vinnige reaksie van twee polisiebeamptes wat van diens af was, het daartoe gelei dat ’n 28-jarige man wat glo ’n vrou in Durbanville probeer beroof het, vasgetrek is.

Die vrou was Woensdag omstreeks 08:00 op pad werk toe in Lindenberglaan, Valmary Park, Durbanville, toe ’n man haar nader en na bewering probeer beroof.

Die vrou het vinnig gedink en haar handsak en selfoon oor ’n huis se veiligheidsmuur gegooi waar die vermeende dief nie daarby kon bykom nie, sê Nico Uys, wat op die toneel was.

Twee polisiebeamptes, ao. Deon Roux en konst. Simphiwe Dukumbane, het ’n konferensie in ’n nabygeleë sentrum bygewoon en die vrou se gille gehoor.

Hulle het uitgekom om te sien of hulle kon help.

Roux en Dukumbane, in siviele drag, het die man oor ’n stuk veld gesien hardloop, hom agternagesit en hom vasgetrek.

Nadat die vrou hom as die vermeende dief uitgeken het, het Halt Sekuriteit, ’n veiligheidsmaatskappy wat in die omgewing werk, hom in hegtenis geneem.

Die polisie ondersoek ’n saak van roof, sê konst. Felicia Adams, polisiewoordvoerder.

Meer oor:  Durbanville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.