Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielede vas ná dwarsboming van gereg, ontvoering

Twee polisielede van Maitland, Kaapstad, is Vrydag in hegtenis geneem vir dwarsboming van die gereg en ontvoering.

Volgens die polisie is ’n man op 29 Mei vir diefstal en huisbraak in die Maitland-gebied in hegtenis geneem. Hy is na die polisiestasie in Maitland gebring waar die polisielede agtergekom het dat hy mediese aandag moet kry.

Die man is na die Somerset-hospitaal in Seepunt gebring waar ’n 34-jarige konstabel agtergebly het om hom te bewaak. Die man het egter daarin geslaag om te ontsnap, luidens ’n verklaring.

Die konstabel het sy kollega, ’n 44-jarige adjudant-offisier, daaroor ingelig. Die twee polisielede het toe rondgery op soek na die ontsnapte man, maar kon hom nie vind nie. Hulle is terug na die Maitland-gebied waar hulle iemand op straat gevind en teruggeneem het na die polisiestasie. Die persoon is toe aangehou in die plek van die ontsnapte man.

Die polisielede het niemand ingelig oor wat gebeur het nie. Toe die persoon die volgende dag geprosesseer is, het ’n speurder besef hy voldoen nie aan die beskrywing van die man wat oorspronklik in hegtenis geneem is nie.

Die saak is toe verwys na die teenkorrupsie-eenheid vir ondersoek.

Ná die ondersoek is dit verwys na die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap wat besluit het om die polisielede te vervolg. Die landdros het lasbriewe vir die lede se inhegtenisneming gemagtig. Hulle is albei Vrydag in hegtenis geneem en aangehou by die Sentraal-polisiestasie in Kaapstad. Hulle verskyn Maandag in die landdroshof op aanklagte van dwarsboming van die gereg en ontvoering.

Meer oor:  Gevang  |  Polisie  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.