Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Polisielede’ vas ná rooftog

Ses gewapende mans in polisie-uniforms het ’n gesin op ’n kleinhoewe buite Bergville in KwaZulu-Natal aangeval, vasgebind en beroof.

Vier van hulle is in hegtenis geneem ná ’n jaagtog, sê lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal.

“Die polisie ondersoek nog die toneel om ander moontlike verdagtes te identifiseer.”

Die “polisiebeamptes”, almal gewapen met vuurwapens, het Fernando dos Santos (73), sy dogter, Hendrina (36), en sy vrou, Lucia de Barros (63), Dinsdag gedwing om op die bed van die hoofslaapkamer te lê. Hulle is met kabelbinders vasgebind en elkeen se mond is met kleefband toegeplak.

“Ons het daar gelê en wag dat hulle ons kom doodmaak,” het Hendrina gesê.

Die gesin se huiswerker, wat haar baba by haar gehad het, is ook in die slaapkamer vasgebind.

Die mans het ons broeksakke deursoek om ons selfone te steel. Gelukkig het hulle nie myne gekry nie en ek kon die polisie bel.
Fernando dos Santos

“Die rowers het die heeltyd grappies gemaak dat hulle ons gaan vermoor. Een van die rowers het gesê hulle moet dit nie doen nie, omdat die baba aan die huil gaan raak. Hulle wou nie ’n geraas maak nie.”

Goedere uit die kluis, selfone en twee vuurwapens is gesteel.

Volgens Dos Santos het die rowers Dinsdagmiddag by die kleinhoewe se veiligheidshek opgedaag. Hy was nie in daardie stadium by die huis nie.

“My vrou het vir hulle die hek oopgemaak, want sy het gedink hulle is van die polisie.” Sy het hom later gebel om dadelik huis toe te kom omdat die mans moeilikheid maak.

“Ek moes eintlik dadelik na die polisie gegaan het, maar toe ry ek huis toe. Dit was ’n dom fout.”

Toe hy daar aankom, is hy in die huis oorval.

Nadat die rowers in hul motors gevlug het, kon Hendrina haarself loswikkel en die polisie bel.

“Die mans het ons broeksakke deursoek om ons selfone te steel. Gelukkig het hulle nie myne gekry nie en ek kon die polisie bel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.