Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielede vas vir beweerde diefstal van kontant, sigarette

Drie polisielede het Donderdag in die landdroshof in Verulam in KwaZulu-Natal verskyn in verband met klagte van diefstal en dwarsboming van die gereg.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê twee adjudant-offisiere van onderskeidelik 48 en 39 jaar oud en ’n 36-jarige konstabel is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat en moet weer op 28 Oktober in die hof verskyn.

“Die polisielede, wat verbonde is aan die sigbare polisietaakspan, het na bewering in April ’n sakepersoon in Tongaat genader en hom daarvan beskuldig dat hy die regulasies oortree deur sigarette tydens die nasionale staat van inperking te verkoop,” sê Naicker.

Die drie polisielede het glo by ’n stoorkamer ingegaan en sigarette asook kontant verwyder. Klagte van diefstal en dwarsboming van die gereg is later by die polisiekantoor in Tongaat geopen. Die sake is intussen aan die provinsiale eenheid vir teenkorrupsie oorhandig vir verdere ondersoek.

In ’n afsonderlike voorval is drie polisielede van Durban ook van diefstal en dwarsboming van die gereg aangekla. “Die polisielede is gewaarsku om op 1 September in die landdroshof in Pietermaritzburg te verskyn nadat hulle na bewering in Julie ook sigarette en kontant uit plaaslike tavernes verwyder het,” sê Naicker.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Kontant  |  Sigarette  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.