Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielede vereer vir werk in Uyinene-moordsaak
Brig. Vela Jerome Cele ontvang ’n toekenning van Bheki Cele, minister van polisie. Foto: SAPD

’n Span polisielede is vir hul ondersoek na die verkragting en moord op Uyinene Mrwetyana (19) en die suksesvolle vervolging van haar moordenaar, Luyanda Botha (42), vereer.

Bheki Cele, minister van polisie, het Sondag ’n ministeriële eerbewys aan brig. Vela Jerome Cele, Wes-Kaapse speurhoof, in Port Elizabeth oorhandig.

Mrwetyana, ’n student aan die Universiteit van Kaapstad, is op 24 Augustus verlede jaar in die Clareinch-poskantoor verkrag en vermoor.


Uyinene Mrwetyana Foto: Verskaf

Botha, ’n voormalige poskantoorwerker, is in November lewenslange tronkstraf opgelê.

Toe dié eerstejaarstudent verlede jaar vermis geraak het, is die saak aan konst. Goodwill Nkonki oorhandig, waarna hy en sers. Lutchmee Chetty die ondersoek behartig het.

Hulle het vasgestel dat Mrwetyana omstreeks 14:00 by dié poskantoor in Claremont was en dat Botha, wat met siekverlof was, die laaste persoon was wat haar lewend gesien het.

Botha het later erken dat hy vir haar gesê het sy moet later haar pakkie kom afhaal omdat hy alleen met haar in die poskantoor wou wees. Hy het haar doodgeslaan en haar lyk is later in ’n vlak graf in Lingelethu-Wes, Khayelitsha, gekry.

Nadat die saak by die polisie in Claremont aangemeld is, het die ondersoekbeampte, kapt. Craig Phillips, Nkonki en nog speurders saamgewerk om vas te stel wat met haar gebeur het.

“Hulle het haar bewegings deur middel van tegnologie en beeldmateriaal nagespeur,” lui ’n polisieverklaring.

“Nkonki het ook met ander polisiekantore in die metro in verbinding getree en lykshuise besoek en uiteindelik verneem dat ’n ontbinde, verbrande lyk in Lingelethu-Wes gevind en in die Tygerberg-lykshuis is.”

Hierna is vasgestel dat dit die lyk van Mrwetyana is.

Cele het ’n provinsiale taakspan op die been gebring en Botha was hul hoofverdagte.

’n Polisielid het Botha op 29 Augustus opgemerk en hy is ondervra, waarna hy skuld beken het en die polisie gaan wys het waar hy haar lyk gelos het. News24


Meer oor:  Luyanda Botha  |  Uyinene Mrwetyana  |  Moordsaak  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.