Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid dood ná kapers op hom en kollegas skiet

’n Polisielid van Limpopo is Sondagaand dood nadat hy dae tevore ernstig gewond is toe hy kapers agternagesit het.

Konst. Alfred Mathabatha (30) van die Tubatse-polisiekantoor in Limpopo is Donderdag in die voorval gewond.

Lt.genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, het simpatie met sy familie betuig.

Kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, sê Mathabatha is langs die pad tussen Majaditshukudu en Ohrigstad gewond.

Hy en kollegas het ’n motorkaping gesien en dadelik agter die kapers aangejaag. Die kapers het op hulle losgebrand en Mathabatha is gewond. Die kapers is steeds op vye voet.

Die gewonde konstabel is dadelik na ’n nabygeleë hospitaal geneem, waar hy Sondagaand aan sy beserings beswyk het.

Mathabatha was sedert 6 Februarie 2017 ’n polisielid.

Sitole het opdrag gegee dat sy moordenaars binne 72 uur aangekeer moet word.

“Ons sal nie rus totdat die skuldiges aangekeer is nie,” het Sitole gesê.

Geen begrafnisreëlings is nog bekend gemaak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.