Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid dood ná skietery in Wes-Kaap

’n Lid van die misdaadvoorkomingseenheid is Maandagaand in Steenberg in die Wes-Kaap geskiet. Die 34-jarige man is later aan sy beserings dood.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê twee lede van die misdaadvoorkomingseenheid het omstreeks 23:15 vyf verdagtes in Lavender Hill, Mitchells Plain, genader.

“Hulle het gevlug en is agternagesit. In die jaagtog het hulle op die polisie se voertuig geskiet en die polisielid gewond.”

Die tweede polisielid is ongedeerd.

Speurders in die Wes-Kaap volg alle leidrade op om die skuldiges vas te trek en het die publiek versoek om hulle by 08600 10111 te bel as hulle enige inligting oor die voorval het.

Dié skietery volg sowat twee weke nadat ses lede van die bende-eenheid in Sweet Home Farm in Samora Machel, Nyanga, geskiet is.

Die ses lede is in die hospitaal opgeneem nadat twee van hulle in die kop geskiet is, terwyl die ander in die linkervoet en maag, een in albei bene en een in die linkerheup geskiet is. Een van die lede het sy knie tydens die voorval beseer.

Die bende-eenheid het glo na ’n huis gegaan waar hulle na verdagtes gesoek het. Hulle het die huis genader en hulself as polisielede geïdentifiseer, waarna iemand in die huis op hulle begin skiet het. Die polisie het onmiddellik teruggeskiet.

Meer oor:  Andrè Traut  |  Lavender Hill  |  Mitchells Plain  |  Misdaad  |  Polisiemoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.