Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisievrou by motorwassery doodgeskiet

’n Polisiebeampte van die Delft-polisiekantoor is Sondag doodgeskiet toe sy haar motor in Bardale in die Mfuleni-township buite Kaapstad laat was het.

Die toneel in Mfuleni waar ’n polisiebeampte Sondag doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Volgens inligting het Koliswa Vani haar motor Sondagmiddag na ’n motorwasonderneming in Taurmaline-straat gebring. Terwyl sy gewag het, het drie onbekende mans die man wat die motor gewas het, genader en gevra hoeveel dit kos.

Een van die verdagtes het ’n vuurwapen uitgehaal en verskeie kere op Vani geskiet. Die verdagtes het in ’n wit Toyota Avanza gevlug. Die voertuig se nommerplaat was glo met papier toegeplak.

Volgens inligting is Vani in haar rug en haar regterbeen getref en is sy op die toneel dood. Haar driejarige kleinkind is in sy linkerbeen getref en na die Tygerberg-hospitaal gebring. Twee ander mans is ook gewond.

Ses leë 9 mm-patroondoppies en een 9 mm-patroon is op die toneel gevind.

Die polisie in die Wes-Kaap kon nie Sondagaand vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Koliswa Vani  |  Mfuleni-Township  |  Kaapstad  |  Doodgeskiet  |  Polisielid  |  Motorwassery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.