Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid gevang met gesmokkelde sigarette
Die kartonbokse vol smokkelsigarette wat by ’n polisielid van Limpopo gekry is. Foto: SAPD

’n Polisielid van Limpopo is met ’n besending smokkelsigarette van honderde duisende rande in hegtenis geneem.

Die 41-jarige sersant is Dinsdagaand laat op die N1 buite Polokwane in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die sersant is aan die Beitbrug-grenspos verbonde. Dit is nie duidelik waar hy die sigarette gekry het of waarheen hy daarmee op pad was nie.

Die sersant het sy polisie-uniform aangehad toe hy in ’n blou Toyota Hilux-bakkie voorgekeer is. Die kartonhouers vol sigarette was onder ’n seil agterop die bakkie versteek. Die polisie het op 20 kartonhouers vol smokkelsigarette van sowat R350 000 beslag gelê.

Die polisie in Limpopo het sedert die aanvang van die inperking op miljoene rande se smokkelsigarette beslag gelê.

Mojapelo sê die sersant is in aanhouding en sal eersdaags in die landdroshof in Polokwane verskyn.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het polisielede gemaan om te alle tye gedissiplineerd te wees en korrupsie met wortel en tak uit te roei.

Die blou Toyota Hilux-bakkie waarin ’n polisiesersant buite Polokwane in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Meer oor:  Limpopo  |  Polisielid  |  Smokkelsigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.