Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid gewond, rower doodgeskiet by drankwinkel

Die eienaars van ’n drankwinkel in Riebeeckstad in Welkom, Vrystaat, is Sondagoggend beroof toe hulle vermoedelik die inperkingsregulasies oortree en onwettig drank verkoop het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê volgens ’n voorlopige polisieondersoek het sewe mans die drankwinkel Sondag om 11:30 binnegestorm en die eienaars van die Craib Liquor Store met ’n vuurwapen aangehou en van ’n onbekende bedrag kontant beroof.

Werknemers van ’n supermark langs die drankwinkel het blykbaar gille gehoor en ’n noodknoppie gedruk.

’n Polisielid wat die omgewing van die inkopiesentrum te voet gepatrolleer het, het gesien hoe ’n groep mans by die drankwinkel uitstorm.

Veiligheidswagte van Shepherd Alarms het intussen op die alarm gereageer en hulle na die sentrum gehaas.

’n Oor-en-weer-skietery het uitgebreek en die polisielid is in die borskas en arm gewond, waarna die veiligheidswagte ’n rower geskiet het.

Een van die rowers het glo probeer om in die veiligheidsmaatskappy se patrolliemotor te vlug.

Die gewonde rower is op pad na die Bongani-hospitaal dood.

Makhele sê die polisie ondersoek klagte van sakeroof en poging tot moord.

Enigiemand met inligting kan speurkonst. Pitso Matsie van die eenheid vir triomisdade by 060 985 9330 bel of die Stopmisdaadnommer 08600 10111 skakel.

• Inwoners beweer agt Chinese burgers, wat vroeër vanjaar in ’n huis in dieselfde gebied in hegtenis geneem, is dieselfde groep wat by die jongste voorval betrokke was. Die mans is in Januarie in hegtenis geneem nadat op meer as R2 miljoen se nagemaakte drank en sigarette beslag gelê is. Hulle is intussen op borgtog vrygelaat.

Makhele kon nie Maandag die bewerings bevestig nie.

Die toneel waar ’n gewapende rower Sondag in Welkom doodgeskiet is. Foto: Verskaf


Meer oor:  Welkom  |  Drankwinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.