Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid hou gesin as gyselaar

’n Polisiebeampte van die De Aar-polisiekantoor is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy sy vrou en vierjarige dogtertjie tien uur lank as gyselaar gehou het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die man (43) en sy vrou (44) is albei speurders van die De Aar-polisiekantoor.

Die man het Woensdagoggend vanaf 04:00 sy vrou en kind by hul huis in Carltonstraat as gyselaar gehou.

’n Gyselaarsonderhandelaar van die polisie het betrokke geraak en die vrou en meisie is die middag omstreeks 14:00 gered.

Volgens ’n inwoner van De Aar, wat anoniem wil bly, was die straat waar die voorval plaasgevind het ’n miernes van bedrywighede. Die polisie het die straat afgesper en inwoners wou weet wat aan die gebeur is.

Ramatseba sê dit is nog onduidelik hoekom die man sy vrou en kind aangehou het, maar die voorval word ondersoek.

Die man sal binnekort op aanklagte van ontvoering en aanranding in die hof in De Aar verskyn.

Meer oor:  De Aar  |  Gyselaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.