Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid in verkeersknoop doodgeskiet

’n Gautengse polisieman is Dinsdagaand doodgeskiet nadat hy en ’n kollega ’n verdagte voertuig in Alexandra, Johannesburg, agternagesit het.

Sers. Moshela Mokgoba, wat aan die Alexandra-polisiekantoor verbonde is, is kort voor 19:00 dood.

Kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 gesê Mokgoba en sy kollega het ’n Ford Ranger-bakkie agternagesit.

Daar was ’n verkeersknoop en die twee polisielede het na die bakkie gestap. Skote is uit die voertuig gevuur en Mokgoba is getref.

Volgens Muridili weet die polisie reeds aan wie die voertuig behoort en hulle soek nog een verdagte. ’n 72-uur-aktiveringsplan is in werking gestel om die verdagte vas te trek.

Lt.genl. Khehla Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het sy medelye teenoor Mokgoba se familie, vriende en kollegas uitgespreek.

Volgens hom sal die polisie die familie in hierdie tyd ondersteun. Kollegas van Mokgoba ontvang ook tans berading.

Meer oor:  Alexandra  |  Polisiemoord  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.