Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid met mes aangeval toe hy buurman te hulp snel

’n Polisiebeampte van Gqeberha (Port Elizabeth) wat van diens af was en sy buurman te hulp gesnel het, moes 12 steke aan die wond in sy rug kry nadat ’n vermeende huisbreker hom met ’n mes aangeval het.

Ao. George Frikkie Vermaak het selfs op sy afdag nie twee keer gedink om die verwagtinge van die blou uniform gestand te doen nie deur te help met die inhegtenisneming van Mangaliso Mzileni (30), wat inwoners van Blouwaterbaai glo verlede Woensdag geteister het.

Mzileni, wat met sowat R10 000 se vermoedelik gesteelde juweliersware in sy besit betrap is, het Vrydag reeds op aanklag van huisbraak en poging tot moord in die plaaslike landdroshof verskyn. Hy sal op 9 Maart ’n formele borgtogaansoek in die hof bring.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Ray Marsh, Vermaak se buurman, vroeër die betrokke Woensdagoggend ’n oproep van sy vrou ontvang dat sy deur ’n onbekende man in hul erf gekonfronteer is, waarna die man oor die grensmuur gespring het. Marsh het dadelik vir Vermaak gekontak en sy hulp gevra. Hoewel Vermaak op die N2 bestuur het, het hy onmiddellik teruggedraai huis toe.

Die gebied is deursoek, maar geen teken van die man is gevind nie. Sowat ’n uur later het Marsh ’n vrou van agter sy huis gehoor gil en weer vir Vermaak gekontak.

Albei het spoedig in die rigting beweeg van waar die gil gekom het, waarna Vermaak geluide vanuit Marsh se motorhuis gehoor het. Met nadere ondersoek het Vermaak ’n man daarbinne gesien staan wie se kleredrag ooreengestem het met die beskrywing van die man wat vroeër in Marsh se erf was.

Vermaak het die man platgeduik, waarna hy in die rug gesteek is. Die man het daarin geslaag om uit Vermaak se greep los te ruk, maar het hom teen Marsh vasgehardloop.

Marsh en Vermaak het die man ontwapen en in hegtenis geneem.

Naidu sê net Vermaak is in die voorval beseer.

Die juweliersware wat in Mzileni se besit gevind is, is glo in ’n inbraak by ’n ander huis in die buurt gesteel.

Meer oor:  Pe  |  Gqeberha  |  Inbraak  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.