Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid skiet op kapers, red slagoffer se lewe

’n Polisielid in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte het Dinsdag ’n kapingslagoffer se lewe gered.

Sers. Thobi was tydens die voorval aan diens en het om 15:30 gesien hoe die bestuurder van ’n Toyota Yaris op die hoek van Mew-weg en Govan Mbeki-straat deur twee vermeende kapers uit sy motor gepluk word, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap.

“Een van die kapers het op die bestuurder begin geskiet. Die polisielid het toe op hulle geskiet waarna hulle teruggeskiet het. Die een kaper, ’n 24-jarige man, is in sy laerug gewond. Sy makker het tussen huise in die omgewing verdwyn en is nog nie aangekeer nie,” sê Van Wyk.

Die gewonde verdagte is in die hospitaal onder polisiebewaking. Die polisielid en die motoreienaar is ongedeerd.

Van Wyk sê ’n saak van poging tot moord, die aanval op ’n polisielid en kaping word ondersoek.

Meer oor:  Kaapse Vlakte  |  Reddingspoging  |  Polisie  |  Skietery  |  Misdaad  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.