Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid skiet verdagte wat glo seun beroof

’n Saak van poging tot moord word in die Oos-Kaap ondersoek nadat ’n polisieman wat nie aan diens was nie, ’n beweerde rower in die heup geskiet het omdat die verdagte glo sy seun (19) beroof het.

Die betrokke polisielid, wat kort ná die voorval vir ondervraging na die Kamesh-polisiekantoor in Uitenhage geneem is, het die verdagte geskiet nadat hy glo ’n mes uitgepluk en die polisielid daarmee gedreig het.

Die polisielid het die vermeende rower (17) gekonfronteer, waarna hy blykbaar ’n mes uitgepluk en na die polisiebeampte daarmee gekap het.

Volgens ’n betroubare bron word beweer die polisielid se seun is vroeër die aand deur ’n groep verdagtes van sy baadjie, ID, studentekaart en beursie beroof. Die seun het sy pa, ’n polisielid wat by die handelsmisdaadeenheid in Port Elizabeth gestasioneer is, oor die voorval ingelig.

Die polisielid het omstreeks 21:40 na die verdagtes gaan soek en op een van die verdagtes op die hoek van Bath- en Oliverstraat in Blikkiesdorp afgekom wat toe nog sy seun se baadjie aangehad het.

Die polisielid het die vermeende rower (17) gekonfronteer, waarna hy blykbaar ’n mes uitgepluk en na die polisiebeampte daarmee gekap het. Die polisielid het ’n skoot op hom afgevuur en hom in die heup getref.

Die polisielid se amptelike vuurwapen is deur die polisie gekonfiskeer.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het bevestig sake van poging tot moord en roof word ondersoek.

Die voorval is ook by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld.

Meer oor:  Uitenhage  |  Oos-Kaap  |  Rooftog  |  Beroof  |  Vuurwapen  |  Mes  |  Polisielid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.