Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid steel saam met varkdiewe

Vyf veediewe, onder wie ’n polisiebeampte, is Maandag ná ’n oor-en-weer-skietery met die polisie in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Nóg ’n verdagte, die bestuurder van ’n Ford Ikon wat aan die staat behoort, het weggekom.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die polisie het vroeg Maandagoggend inligting ontvang oor veediewe wat in twee voertuie op ’n plaas in die Petrusburg-distrik toegeslaan het.

Nadat hulle verskeie eenhede ontplooi het, het hulle een van die voertuie, die Ford, by Walter Sisulu-weg naby die N8-hoofweg op pad na Petrusburg gewaar.

“Die polisiebeamptes het probeer om die voertuig voor te keer, maar die motor het weggejaag waarna ’n jaagtog gevolg het.”

Covane sê nadat die polisie hulle ondervra het, het dit aan die lig gekom dat ’n silwer Volkswagen Polo met twee van hul makkers sonder petrol op die N8 op pad na Petrusburg gaan staan het.

Covane sê die Ford het eindelik in die veld tot stilstand gekom en die polisie het dit omsingel.

“Die bestuurder het op die polisie begin skiet.”

Hy sê die bestuurder is moontlik deur die polisie gewond, aangesien hy ’n bloedspoor agtergelaat het toe hy vlug.

Die polisie het drie ander verdagtes wel by die motor in hegtenis geneem.

Daar is beslag gelê op sewe varke wat in die kattebak was.

Covane sê nadat die polisie hulle ondervra het, het dit aan die lig gekom dat ’n silwer Volkswagen Polo met twee van hul makkers sonder petrol op die N8 op pad na Petrusburg gaan staan het.

Met die polisie se aankoms het hulle twee mans, waaronder ’n speurder van die Mangaung-speurtak, in die Polo aangetref.

Die varke wat na bewering in dié voertuig was, was egter reeds uitgehaal en losgelaat.

Die vyf verdagtes verskyn binnekort op aanklagte van die besit van gesteelde eiendom of vee in die hof.

’n Dossier van poging tot moord is ook by die Parkweg-polisiekantoor geopen.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Diefstal  |  Veediefstal  |  Polisielid  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.