Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sersant vas nadat hy meisie glo verkrag

’n Polisiesersant van Tweespruit in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hy sy vriendin na bewering verkrag het.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat, sê in ’n verklaring die 37-jarige polisieman is in hegtenis geneem nadat hy sy meisie na bewering Maandag verkrag het.

“Hy is glo na haar huis en het op seks aangedring, maar sy het geweier,” sê Cola.

Sy het Dinsdag ’n klag teen hom aanhangig gemaak.

Die verdagte is in die Tweespruit-polisiekantoor in aanhouding en sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Selosesha, Thaba Nchu, verskyn.

Meer oor:  Vrystaat  |  Tweespruit  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.