Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid vas wat wapen vir R30 000 aan ‘misdadigers leen’
Foto ter illustrasie.Foto: André Damons

’n Polisievrou van Bloemfontein is Dinsdagaand in hegtenis geneem toe sy haar dienspistool aan misdadigers “geleen” het om haar kollegas te beroof en vuurwapens te steel.

Die 34-jarige konstabel, wat verbonde is aan die polisie se BBP-eenheid in die stad, is glo R30 000 vir die gebruik van haar dienspistool betaal.

Die vrou is gevang nadat sy vroeër die middag haar wapen na bewering “solank vir die misdadigers geleen het” om haar eenheid se kantoor in die Bloemfonteinse middestad te beroof.

Die doel van die rooftog was na bewering om vuurwapens, waaronder aanvalsgewere, te bekom om in ander misdade te gebruik.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, sê die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Bloemfontein en beamptes van die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige misdade het ’n lokval vir die beampte gestel.

Die vrou is gevang nadat sy vroeër die middag haar wapen na bewering “solank vir die misdadigers geleen het”,

Die polisie het lokvinke gebruik wat hulle as misdadigers voorgedoen het.

Volgens Mulaudzi het die polisievrou glo aan die lokvinke gesê watter vuurwapens in die kluis by haar kantoor is.

Die beamptes het haar 9 mm-dienspistool gevat en die kantoor “beroof”.

Hulle het die beampte omstreeks 22:00 by ’n vulstasie in King Edwardweg in Willows, Bloemfontein, ontmoet, haar die “gesteelde vuurwapens” gewys en haar R30 000 vir die gebruik van haar dienspistool betaal.

Die vrou sal Donderdag op aanklagte van korrupsie, sameswering om ’n rooftog te pleeg en vuurwapendiefstal in die plaaslike landdroshof verskyn.

* Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiehoof, het verlede week op ’n mediakonferensie waar die Vrystaat se misdaadstatistieke bespreek is, gesê in die vorige boekjaar is 62 polisiebeamptes in die provinsie weens verskeie misdade, insluitende korrupsie, bedrog, diefstal, dood in aanhouding, moord, veediefstal, sakeroof, wegbly van die werk en weens roekelose en nalatige bestuur ontslaan.

Meer oor:  Dienspistool  |  Polisievrou Vas  |  Polisielid  |  Misdadigers  |  Lokvinke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.