Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid vas weens stroping

’n Polisiekonstabel wat na bewering saamgesweer het om renosters naby Rustenburg in Noordwes te stroop, is vasgetrek.

Konst. Amulekani Nkuna het Donderdag in die landdroshof in Tlhabane verskyn op ’n aanklag van sameswering tot renosterstroping. Hy bly voorlopig in aanhouding en moet weer op 24 Januarie in die hof verskyn, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Volgens haar is Nkuna in Gauteng gestasioneer en interne tugstappe sal nou teen hom gedoen word.

Hy is Dinsdagaand vasgetrek terwyl hy en nog drie mense na bewering van plan was om renosters op ’n wildlodge naby Rustenburg te stroop.

“Hulle het vermoedelik bekommerd geraak (toe hulle die polisielede sien). Drie van die vermeende stropers het die bosse in gevlug. Die polisie het Nkuna egter in hegtenis geneem.”

Nkuna het die Volkswagen Polo waarin die verdagtes was, bestuur.

Die polisie het weens die sensitiwiteit van die ondersoek nie nadere besonderhede bekend gemaak oor hoe dit gebeur het dat die polisie die vermeende stropers glo betrap het nie. “Die optrede het egter ná ’n maande lange ondersoek gekom,” sê Myburgh Vrydag.

Volgens haar kan die verdagtes moontlik met nóg sake van renosterstroping in die Pilanesberg-omgewing verbind word, en hoop die polisie om binnekort nog inhegtenisnemings te doen.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het gesê dis teleurstellend dat ’n polisielid moontlik meegedoen het aan die stroping en dat “onwettige en korrupte” optrede nie geduld sal word nie. Hy het die lede wat die inhegtenisneming gedoen het, geluk gewens met hul sukses.

Meer oor:  Renosters  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.