Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisielid wat sekssaak moes ondersoek, óók vas

Van die minstens 87 leerlinge van ’n skool wat glo seksueel aangerand is, het wéér deurgeloop – dié keer onder die forensiese ondersoeker in die saak.

Twee leerlinge van die Laerskool AB Xuma in Soweto is gemolesteer, volgens die Gautengse onderwysdepartement.

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys. Foto: Deaan Vivier

Die polisiebeampte het Maandag die skool besoek en die slagoffers voorberei vir die komende hofsaak, waarin ’n veiligheidswag aangekla sal word van seksuele molestering.

Dit is toe dat die beweerde molestering deur die polisielid plaasgevind het, sê Steve Mabona, woordvoerder van die departement.

“Die kinders het nou twee keer, deur verskillende mense, slagoffers van seksuele aanranding geword.

“Daar word beweer dat die ondersoekbeampte twee gr. 3-leerlinge van onderskeidelik sewe en agt jaar oud seksueel gemolesteer het,” het Mabona gesê.

Die saak is na die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe verwys en onderhoude is met die leerlinge en hul ouers gevoer.

“Die ondersoekbeampte is onmiddellik aan die saak onttrek en ’n saak van seksuele aanranding is deur die ouers by die Orlando-polisiekantoor teen hom aanhangig gemaak.”

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys, het die bewerings as skokkend en ontstellend beskryf.

“ ’n Persoon wat met die beskerming van kinders toevertrou is, het hul vertroue en dié van hul ouers geskend. Hierdie man moet die volle mag van die wet voel.”

Meer oor:  Panyaza Le­Sufi  |  Soweto  |  Geweld Teen Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.