Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman, 15 ander vasgetrek vir dwelms

’n Polisieman van Limpopo is een van 16 mense wat aangekeer is vir die besit van dwelms en onwettige sigarette.

Die Limpopo Highway Patrol Team, deel van die SAPD, het die 36-jarige konstabel, wat in die polisiekantoor in Apel in die Sekhukhune-distrik gestasioneer was, aangekeer nadat dwelms in sy besit gevind is.

Daar is beslag gelê op 20 sakkies nyaope, ’n tipe dwelm wat bestaan uit heroïen, dagga en antiretrovirale pille.

Die dwelms is in die polisiebeampte se motor gevind. Daar is ook beslag gelê op ammunisie en ’n vuurwapen, het kol. Moatshe Ngoepe van die polisie gesê.

Nog 11 mense is in Polokwane aangekeer en 48 balletjies nyaope, 42 sakkies dagga en 16 kartonne onwettige sigarette is gekonfiskeer.

Die polisie het ook gereageer op ’n wenk wat tot die inhegtenisname van ’n 36-jarige eienaar van ’n snoepwinkel gelei het. Nege kartonne onwettige sigarette is gekonfiskeer.

In die Hlogotlou-omgewing in die Sekhukhune-distrik het beamptes ’n huis in Monsterlos deursoek en 1 000 sakkies nyaope en 170 sakkies tik gevind. ’n 25-jarige verdagte is aangekeer.

In ’n afsonderlike voorval in dieselfde gebied is ’n 28-jarige en 35-jarige aangekeer en 65 sakkies dagga gekonfiskeer.

Meer oor:  Dwelms  |  Limpopo  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.