Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman (40) in KZN doodgeskiet

Ondersoek word ingestel nadat ’n polisiebeampte Maandagaand koelbloedig op straat in Durban doodgeskiet is.

“Lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Durban ondersoek die omstandighede wat gelei het tot die dood van ’n 40-jarige polisieman,” sê kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, in KwaZulu-Natal.

“Hy is Maandag omstreeks 19:00 noodlottig geskiet terwyl hy van diens af was. Die voorval het in Botha’s Hill gebeur,” sê Mhlongo. Hy wou nie die identiteit van die polisieman bekend maak nie. Niemand is ook nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê die polisieman is twee keer in Patnastraat geskiet.

“Hy is in die regterarm en maag geskiet terwyl hy na sy motor geloop het nadat hy ’n vriend besoek het.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Skietvoorval  |  Polisiebeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.