Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman dood, 2 vas ná skietery

’n Polisiekonstabel is dood en twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat ’n skietgeveg Woensdagaand in Nkandla in KwaZulu-Natal uitgebreek het.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê konst. Happy Sipho Dladla (36) is doodgeskiet nadat polisiebeamptes omstreeks 21:30 op ’n wenk oor ongelisensieerde vuurwapens in die Vimbimbobo-omgewing gereageer het.

“ ’n Skietgeveg het uitgebreek tussen die verdagtes en die polisiebeamptes. Konst. Dladla en ’n kollega (37) is gewond. Beide polisiemanne is na ’n plaaslike hospitaal gehaas. Konst. Dladla is later in die hospitaal aan sy beserings dood.”

Volgens Naicker het die verdagtes ná die skietery met een van die polisiemanne se dienspistole gevlug.

“Verskeie polisie-eenhede en lede van die Valke het die hele nag onverpoos gewerk om die verdagtes op te spoor. ’n 34-jarige man is op klagte van moord, poging tot moord en roof in hegtenis geneem.”

Dei gesteelde dienspistool is gevind by ’n 40-jarige man wat in die skietgeveg gewond is en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

Volgens Naicker word die identiteit van die ander polisieman, wat gewond en in ’n kritieke toestand verkeer, om veiligheidsdoeleindes nie bekend gemaak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.