Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman dood: ‘My man sou nie sy eie lewe neem’
Die kinders van ao. Deon Greeff wat Donderdag onder raaiselagtige omstandighede dood is, is hartseer, kwaad en in skok oor sy skielike dood. Van links is Simone (17), Lee-Ann (21), Anne, Deon se vrou, en hul seun, Michael (15). Foto: Mlungisi Louw
Hier is Simone Greeff saam met haar ma, Anne, en pa, ao. Deon Greeff, wat Donderdag onder raaiselagtige omstandighede doodgeskiet is.

“Haar man sou nie sy eie lewe neem nie. Hy was die oggend van sy dood vrolik en opgewek en het na die toekoms uitgesien – veral na sy dogter se matriekafskeid.”

So sê Anne Greeff, vrou van ao. Deon Greeff, wat Donderdagaand onder raaiselagtige omstandighede in Bloemfontein dood is nadat hy ’n kollega by haar huis in Grasland 2 afgelaai het.

Greeff, wat 27 jaar diens in die polisie gehad het en met sy dood by die Kagisanong-polisiekantoor gesetel was, is Donderdag omstreeks 19:00 dood nadat hy een keer in die hart geskiet is.

Hy het ’n vrouekollega, ene Palesa, by haar huis in Grasland 2 afgelaai toe hy in sy eie motor geskiet is.

Dié kollega is nou glo in Bloemcare (’n psigiatriese hospitaal in Bloemfontein) opgeneem.

Anne sê daar is nie ’n manier dat Deon selfmoord sou pleeg nie.

“Hy was lief vir my en die kinders en het na ons dogter, Simone, wat goed op skool vaar, se matriekafskeid uitgesien. Hy het dit nog enkele ure voor sy dood aan my gesê.

Hy was lief vir my en die kinders en het na ons dogter, Simone, wat goed op skool vaar, se matriekafskeid uitgesien.
Anne Greeff

“Hy was Donderdagoggend sy opgewekte self en het my en die kinders gesoen en vertel hoe lief hy vir ons is voordat hy die huis verlaat het.

“Daar was niks fout toe hy die huis verlaat nie. Hy was ook nie depressief nie.”

Anne sê sy wil baie graag weet hoe haar man dood is.

“Ek verstaan ook daar is prosesse wat gevolg moet word, maar dit is my man, die pa van my kinders.”

Volgens Anne is die polisie nog besig met hul ondersoek en wag hulle op ballistiese uitslae.

Sy het ook Woensdag die eerste keer hul motor, ’n Chevrolet Optra, waarin haar man geskiet is, gesien.

“Dit lyk sleg. Daar is oraloor bloed.”

Sy sê ofskoon haar lewe en dié van haar kinders skielik uitmekaar geruk is, gaan hulle nie in sak en as sit nie.

Sy sê ofskoon haar lewe en dié van haar kinders skielik uitmekaar geruk is, gaan hulle nie in sak en as sit nie.

“Die Here sal voorsien en daar is soveel mense wat ons ondersteun en vir ons omgee.”

Haar man word Vrydag om 10:00 uit die Trinity-Metodistekerk begrawe.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord.

Meer oor:  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.