Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman dood ná skoot in kop by huis

’n Polisiebeampte van die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein is Donderdag in ’n hospitaal in die stad dood nadat hy geskiet is.

Ao. Stephan (Lappies) Labuschagne (50) is Donderdagmiddag in die Life Rosepark-hospitaal dood nadat hy die vorige dag by sy huis in Pellissier gewond is. Die polisie wou Vrydag nie meer besonderhede bekend maak nie.

Ao. Lappies Labuschagne

Sers. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rakende die skietery word nog ondersoek. ’n Nadoodse ondersoek is aan die gang en die plek waar die skietery plaasgevind het, vermoedelik Labuschagne se huis, is steeds ’n misdaadtoneel, sê Nkabi.

“Die lid is met ’n skietwond in die kop gevind. Die omstandighede rakende die voorval word steeds ondersoek en sluit in onder meer die nalatige hantering van ’n vuurwapen en die afvuur daarvan,” sê Nkabi.

Sy kon Vrydag niks meer oor die voorval bekend maak nie. Die ondersoek duur voort.

Die oorledene se vrou, Patrys, het op Facebook geskryf: “R.I.V. My lief, my lewe.”

Vian Myburgh, familielid, sê Labuschagne het onlangs weer by die polisie aangesluit nadat hy vroeër die diens verlaat het.

“Dit is ’n slegte ding. Hy was altyd bereid om enigeen te help. Hy het daarvan gehou om met sy hande te werk en het ook gehou van kosmaak. Hy was regtig ’n nice mens,” sê Myburgh.

Volgens hom is ’n lykskouing Vrydag gedoen.

Nog geen begrafnisreëlings is getref nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Misdaad  |  Sterfgeval  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.