Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman geskiet op Stellenbosse wynplaas

’n Polisiekonstabel (31) van Stellenbosch is Woensdagaand vermoedelik deur een van sy kollegas of ’n private veiligheidswag op 'n wynplaas buite die dorp doodgeskiet. 

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê lede van die Stellenbosch-polisiekantoor se misdaadvoorkomingseenheid het Woensdagaand gereageer op inligting dat ’n huisroof op ’n plaas in die omgewing beplan word.

"Die polisielid is omstreeks 21:50 geskiet toe hy 'n verdagte agternagesit het. Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk."

Van Wyk sê in 'n verklaring toe die polisie inligting oor die beplande rooftog ontvang, het hulle nog nie geweet op watter plaas dit sou wees nie. Die inligting is deur speurders opgevolg en die polisielede is uitgestuur om die gebied te patrolleer.

"Die polisie het die verdagtes opgespoor en agternagesit. Die polisielid is noodlottig gewond tydens die skietery." 

Daarna het hulle vasgestel dat daar inderdaad 'n huisrooftog was.

"Die rooftog was omstreeks 20:00 op 'n plaas naby Vlottenburg. Die verdagtes is nie aangekeer nie en word nog gesoek."

Maygene de Wee berig die konfrontasie tussen die verdagtes en die polisie het uiteindelik op die wêreldbekende wynplaas Meerlust op Baden Powell-weg buite Stellenbosch geëindig. 

Volgens bronne vertroud met die saak, is die konstabel van agter geskiet. Sy dienspistool is glo langs hom gevind met al 15 patrone wat aan hom uitgereik is nog in die magasyn. 

Die konstabel se naam sal eers bekend gemaak word sodra sy naasbestaandes oor sy dood in kennis gestel is.

rooftog
Foto's wat glo op die misdaadtoneel geneem is, is op 'n WhatsApp-groep vir gemeenskapsveiligheid gedeel.
rooftog
Nog 'n foto wat op die groep gedeel is wys 'n ambulans en ander noodvoertuie op die toneel.

Meer oor:  Meerlust  |  Stellenbosch  |  Plaasaanvalle  |  Plaasmoord  |  Wynlandgoed  |  Rooftog  |  Polisiemoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.