Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman in arres ná dodelike aanval in Delft

’n Polisielid van Manenberg in Kaapstad is in hegtenis geneem in verband met ’n noodlottige skietvoorval toe twee mans die naweek by ’n hut in Delft ingebars en wild begin skiet het.

Hy is Maandag in hegtenis geneem nadat die polisie hom sedert Sondag gesoek het en sal later Woensdag in die Bellville-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.

Twee mense is dood toe die mans omstreeks 02:50 by ’n hut in Thubelitsha in Delft ingebars en begin skiet het.

Vier mense in die hut is getref en twee van die slagoffers het op die toneel gesterf.

Volgens bronne het die speurders inligting ontvang wat hulle op die spoor van ’n polisieman van Manenberg gesit het.

Die verdagte se huis is deursoek en hulle het op sy diensvuurwapen met twee magasyne, agt koeëls wat glo deur die polisie uitgereik is, asook drie koeëls wat nie aan die polisie behoort nie en ’n leë magasyn afgekom.

Dit was glo onder sy bed versteek.

Die verdagte was nie tuis nie.

Die polisie het hom Maandag met die hulp van informante vasgetrek.

Die tweede verdagte word nog gesoek.

Meer oor:  Delft  |  Kaapstad  |  Moord  |  Polisielid  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.