Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisieman in Durban koelbloedig doodgeskiet

’n Polisielid wat Sondag ’n voertuig in Durban wou deursoek, is koelbloedig doodgeskiet.

Die skietery het omstreeks 12:00 op die M19-hoofweg naby die Mount Batten-afrit gebeur, sê Garrith Jamieson van die Rescue Care/Emer-G-Med-nooddienste.

Hy sê nooddienswerkers kon met hul aankoms niks vir die polisiebeampte doen nie.

“Hy is verskeie kere in die bors geskiet.”

Luidens inligting het die polisielid uit ’n polisievoertuig geklim en na ’n Ford Ranger-bakkie, wat met flikkerende noodligte in die noodbaan gestaan het, gestap.

Dit is onduidelik wat presies gebeur het, maar die bestuurder van die bakkie het op die polisielid geskiet.

Die bestuurder van die bakkie het daarna glo weggejaag en hom later by die naasste polisiekantoor aangemeld.

Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het navrae na brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, verwys.

Naidoo het Sondagmiddag laat gesê hy wag vir meer inligting oor die voorval.

Meer oor:  Durban  |  Polisielid  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.